Wen ‘n Landini Trekker!

Lemken - New Rubin 10
NEW Lemken Rubin 10
20 March 2018
Nampo September 4-6
Nampo Kaap
26 July 2019

Wat is lekkerder as om te weet dat jou gunstelingtydskrif in sy eeufeesjaar saam met Argo Landini ’n trekkerkompetisie aanbied? Jy kan dié Landini Super 100 DT-trekker tydens Nampo Kaap op Bredasdorp wen – én ons betaal jou reiskoste!

As ’n getroue vennoot van Landbouweekblad en sy lesers het Argo Landini besluit om ’n groot geskenk in die honderdste bestaansjaar van die tydskrif uit te loof.

Een gelukkige leser sal die splinternuwe Landini Super 100 DT-trekker (68 kW) ter waarde van meer as R500 000 wen en hom nog lank voor Kersfees op sy plaas kan begin inspan.

Vyf finaliste

Die kompetisie begin in April vanjaar en die laaste inskrywings sluit op 16 Augustus. Lesers kan een keer per maand inskryf en elke maand word een finalis bepaal in ’n gelukkige trekking.

Die vyf finaliste word almal deur Argo Landini na Nampo Kaap op Bredasdorp genooi vir die eindtrekking. Maak dus seker dat jy van 4-6 September beskikbaar is om ’n kans hê om dié groot prys te ontvang. As jy dus getrou elke maand inskryf, verbeter jy jou kans om in die eindtrekking te wees.

Die finaliste sal elke maand bepaal word en die algehele wenner word uit dié vyf finaliste gekies. Die wenner sal in die uitgawe van 20 September verskyn. Deelnemers moet dus beskikbaar wees vir video-opnames en foto’s en onderhoude vir publikasie in die tydskrif en op TV.

Die wenner sal op Landbouweekliks op VIA verskyn.

Skryf só in

In die volgende 20 uitgawes van 5 April af sal ons jou deurlopend herinner aan die kompetisie. ’n Volledige beskrywing van die veelsydige Landini Super 100 DT-trekker en sy spesifikasies is by www.landini.co.za te sien.

Jy kan per SMS of e-pos inskryf. Stuur ’n e-pos na andrip@argosa.co.za of ’n SMS na 33677 met die antwoord op die volgende vraag: “Wie borg die trekker wat Landbouweekblad-lesers kan wen?”

Stuur die antwoord saam met jou naam, van, plaas se naam en die streek waar jy boer. Voorbeeld: Argo Landini, Piet Nel, Blesfontein, Delmas-distrik.

Bepalings en voorwaardes:

  • Slegs bona fide-boere mag aan die kompetisie deelneem.
  • Inskrywings word beperk tot een (1) inskrywing per deelnemer per maand.
  • Deelnemers moet beskikbaar wees om by die trekking te wees tydens Nampo

Kaap op Bredasdorp (4-6 September 2019). Die reiskoste vir al vyf die finaliste word gedek.

  • Elke deelnemer stem in tot ’n onderhoud met Landbouweekblad asook Landbouweekliks.
  • Alle bepalings en voorwaardes van die kompetisie word een keer in Landbouweekblad gepubliseer en daarna is dit op Landbou.com beskikbaar.
  • Die sluitingsdatum vir alle inskrywings is 16 Augustus 2019.
  • Die wenner word in ’n gelukkige trekking in die teenwoordigheid van die finaliste gekies en die beslissing is finaal.

Utilizzando il sito, accetti l'utilizzo dei cookie da parte nostra. maggiori informazioni

Questo sito utilizza i cookie per fonire la migliore esperienza di navigazione possibile. Continuando a utilizzare questo sito senza modificare le impostazioni dei cookie o clicchi su "Accetta" permetti al loro utilizzo.

Chiudi